Waar begin mens in die Bybel lees?

Die meeste mense s dat die boek Johannes n baie goeie boek is om te begin lees. Ek stem saam, veral vir nuwe christene, want dit verduidelik God se liefde en verlossings plan baie mooi. Lees gerus daarna Handelinge oor die ontstaan van die kerk en daarna Paulus se briewe aan die verskillende gemeentes. Dit handel oor, hoe ons as christene, moet leef. My gunsteling brief is Jakobus omdat dit so prakties en maklik verstaanbaar is.

Vir mense wat n in-diepte studie van die Bybel wil maak, kyk gerus na Logos Bible software 4. (Google dit net) Dis n duur program, maar die Bybelkommentare, Bybelvertalings en boeke en alles tot jou beskikking om die Bybel beter te verstaan, is byna oorweldigend baie.

Indien jy al lank n christen is, maar nog nooit die Bybel as geheel gelees het nie, wil ek jou aanmoedig om dit wel te doen. 

Kyk gerus ook na Studie 8 Wenke hoe om die Bybel sinvol te lees onder Bybelstudies, kliek sommer hier daarvoor >>