Dinge wat ons moet weet en verstaan om n Christen te word

Ons moet verstaan dat die enigste manier om na God toe te gaan is deur Jesus.

       Joh 14:6  Jesus het vir hom ges: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 

Alle mense kan na God toe gaan

       Joh 14:2  Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle ges het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

God s Hy het elke mens lief

       Joh 3:16,17 God het die wreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat di wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal h. 17God het nie sy Seun na die wreld toe gestuur om die wreld te veroordeel nie, maar sodat die wreld deur Hom gered kan word.  

God het sondaars lief

       Rom 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 

Alle mense is sondaars en ons kan nie onsself red nie.

       Rom 3:12 Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

       Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie 

God se metode wat Hy gekies het om ons met Hom te versoen is deur Jesus

       1 Joh 4:9  Herin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan h. 10Werklike liefde is dt: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

       1 Tim 2:5  Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6wat Homself as n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God. 

Al wat ons moet doen is om in Jesus te glo en te glo dat Hy ook vir jou sondes gesterf het.

       Joh 6:47  Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee.

       Joh 1:12Maar aan almal wat Hom aangeneem het, di wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 

As ek Jesus aanneem (erken dat ek net deur Hom gered kan word en Hom vra om my sondes te vergeef en my lewe te beheer) dan kan ek WEET ek is n kind van God

       1 Joh5:12  Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. 

As ek n kind van God is kan ek nie bly voort lewe in sonde nie. My lewensstyl moet verander omdat ek dankbaar is vir wat Jesus vir my kom doen het, toe Hy my sonde las weggevat het.

       Ef 4: 21 24 Julle het tog van Hom gehoor, en omdat julle sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. 22Hou dan op om te lewe soos julle vroer gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

       Hand 26:20  Ek het ..... gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering pas.

n Voorbeeld van n gebed wat jy kan bid as jy jou lewe aan God wil oorgee:

Jesus ek herken dat U God is en dat ek n sondaar is. Ek weet ek kan nie myself red nie. Dankie dat U reeds vir my sondes aan die kruis gesterf het en dat ek nie self vir my sondes hoef te sterf nie. Kom asb in my lewe in en kom was my skoon van my sondes. Jesus ek gee die beheer van my lewe aan U oor.  Heilige Gees kom leer my om nuut te dink en te doen asb.  Amen

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com