Wat kan ek doen om nie elke keer fokus te verloor en geestelik terug te val nie? 

My probleem is, ek draai vinnig van my koers af. Ek het die grootste begeerte om my lewe te lewe  wat vir God goed is, en in die dogter te verander wat God wil he ek moet wees. Die wreld maak dit baie moeilik vir mens en die temptasies waarmee mens daagliks moet worstel is so groot. Ek wil nie meer fokus verloor nie. Ek wil net weer voel dat ek goed genoeg is en al die deurtjies waardeur satan glip VIR ALTYD toemaak.  

Dankie vir jou eerlike briefie. Ag ek wens so ek kon vir jou 'n resepie gee om te volg wat sal waarborg dat jy geestelik sal word wat jy graag wil wees, maar na 45jr van weergebore Christen wees, besef ek net, daar is nie so iets. Die tye van naby God leef raak langer en die tye van lou raak word korter maar die lou tye word al hoe slegter. Ek dink dis omdat mens so moedeloos met jouself voel en so teleurgesteld in jouself voel.  

Daar is egter paar wenke wat ek vir jou wil gee wat ek doen om net weer op die Here te fokus, as ek agter kom ek is weer besig om deur die wreld se dinge opgeslurp te word. 

  Ek luister oor en oor en oor na die "Halleluja koor" uit die Messias. - Dis asof die lied my help om net weer God se grootheid te besef. (Vir jou kan dit dalk 'n ander lied wees.)

  Ek teken op my almanak aan, met 'n kolletjie, elke dag as ek Bybel lees (ten minste 'n hele hoofstuk) As ek dan sien my week het alweer verby gegaan en ek het net 2 of 3 maal tyd in die Woord spandeer, help dit my om weer te begin lees. Natuurlik hoe meer ek dan begin lees, hoe nader kom ek weer aan die Here. 

  Ek dink een van die gebede wat ek seker die meeste vir myself bid is: "Here ek kan nie uit myself U dien nie, my aandag dwaal ens. Here help my om U te dien."  Dis nie om my verantwoordelikheid op God te plaas maar dis regtig om hulp te vra, want ek is 'n sondige mens. En glo my Hy help. Hy gee my geloof as ek dit kortkom. Hy herrinner my om te bid. Hy maak my soms so lus om uit Sy Woord te lees ens

  'n Ander baie belangrike ding wat ek doen as ek voel ek raak lou. Ek sorg doelbewus dat ek met mense praat wat geestelik warm is. Ek woon 'n kursus by of kuier met 'n geesvervulde vriendin of lees 'n boek van Andrew Murray of Charles Spurgeon (Sy boeke lees baie maklik en is so inspirerend)

Ek hoop iets hiervan maak vir jou sin.

Sen vir jou

Retha