Hoe om weer op die regte pad te kom, as ek afgedwaal het? 

Jy skryf dat jy weer op die regte pad wil kom. My eerste vraag aan jou is: Het jy al ooit die vrede wat God gee, voorheen in jou lewe beleef?  Met ander woorde; het jy al vir Jesus in jou lewe aangeneem, Hom gedien en gevolg .... en toe weggedwaal?  Of het jy maar die christelike pad geloop omdat jou ouers en baie ander dit loop en toe het  jy maar net weer 'n ander pad begin loop?  Dit is baie belangrik dat jy net eers moet agterkom watter een dit is, want dit is bepalend hoe jy weer op die regte pad kan kom. 

As jy reeds voorheen jou lewe  oorgegee het vir Jesus, Sy vrede ervaar het, en toe weggedwaal het, is dit belangrik om aan jouself te erken dat jy weer die beheer van jou lewe by Jesus terug gevat het.  Dan moet jy teenoor Jesus bely dat jy verkeerd gedoen  het  en ongehoorsaam was.  Jy vra Hom dan om weer die beheer van jou lewe oor te neem.  

Indien jy nog nooit 'n keuse gemaak het om Jesus in jou lewe toe te laat (of as jy twyfel of jy dit al regtig gedoen het),  erken aan jouself en voor God dat jy 'n sondaar is en dat jy nie sonder Sy hulp deur die lewe kan gaan nie. Herken dat jy vir ewig verlore sal wees as Hy jou nie red nie. Erken jy het nie vrede of blydskap nie en jy weet net  Hy kan dit vir jou gee. Jesus s Hy staan by die deur van jou hart en Hy klop. Hy wil so graag ingaan en jou kom help om 'n sukses van jou lewe te maak. Hy wil vir jou vrede, joy, wysheid en alles wat jy nodig het, gee. Maak die deur van jou hart oop deur gebed en s net: Here ek wil nie meer my eie lewe beheer nie. Sal U asseblief inkom en beheer kom oorneem? 

Die groot uitdaging na enige van die twee gebede, is om nie meer jou eie kop te volg nie. Maar om in alles wat jy doen vir God se leiding te vra. Lees gerus van die ander bybelstudies op die web om te leer hoe God jou dan lei. Lees gereeld jou Bybel en sorg dat jy soveel as moontlik in die  geselskap is van christene, wat leef wat hulle in glo. 

Lees ook gerus die stukkie "Wat jy moet weet voor jy 'n Christen word" onder die afdeling "Vra wat pla". Daar gee ek n klop teksverse wat alles, wat ek hier bo geskryf het mooi verduidelik. 

Net so n laaste gedagte: Dis goed om terug te gaan en te kyk waar dinge skeef geloop het, MAAR bely jou sondes, maak reg waar nodig, vergewe waar nodig en gaan dan voort in die geloof dat jy God se kind is en dat Hy jou deur die lewe sal lei, tot jy eendag by Hom is. Fil 4:13-14 Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

https://mail.google.com/mail/u/1/images/cleardot.gif