Stiltetyd is soos wildkyk

Ons as gesin het die voorreg gehad om Januarie vir 'n paar dae wildtuin toe te gaan. Terwyl ons so ry praat ons oor hoe verskillend mense na wild kyk. Die buitelanders en ongereelde besoekers se hoof doel is om die groot 5 te sien. Die volkykers stop by elke voltjie en sien soms nie die groot olifant wat net aan die ander kant van die pad staan nie.  Die mense wat gereeld besoekers is aan die wildtuin sal ure by n dammetjie sit en wag vir iets spesiaals om te gebeur of sommer net die stilte geniet.

Terwyl ons so gesels begin die Heilige Gees met my praat oor die verskillende maniere waarop mense stilte tyd hou. Ek wil graag paar vergelykings tussen stilte tyd hou en wild kyk met jou deel.

Voordat ons egter daarby kom wil ek net eers vra:

Is dit n opdrag in die Bybel dat ons stiltetyd moet hou, en indien wel, wat s die Bybel hoe moet ons dit doen?



Ek wil n gewaagde stelling maak deur te s: Die Bybel gee ons nie n opdrag om stilte tyd te hou nie, maar eerder om spesifieke dinge te doen wat ons as komponente van stiltetyd sien. Bv.
Bybellees: 
Mat 4:4    Maar Hy antwoord: Daar staan geskrywe: n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.
Bid: 1 Tess 5:17   Bid gedurig  ens. 

Ek beleef dat stiltetyd  so dikwels die doel opsigself word. Ek moet nog vandag stilte tyd hou Dit word die doel in plaas van wat die woord stiltetyd beteken: Tyd wat ons opsy sit om stil by ons Vader te wees. Kom ons waak daarteen dat stiltetyd n geestelike ritueel word. Dat ons eerder die gesindheid sal h van Ek wil vandag tyd maak om met my Here / my Vader / my Vriend te spandeer Jesus en mense soos Moses het self vir ons die voorbeeld gestel van alleen stil word om tyd met Sy Vader te spandeer. Wat God wil h, is n verhouding met ons, nie n ritueel nie. 

As ons nou n vergelyking maak tussen wildkyk en stiltetyd hou, wat sal jy s is die Groot 5 van stilte tyd:

1 ............................
2 ............................
3 ............................
4 ............................
5 ............................
  

1. My Olifant van stiltetyd is Bybellees. Behalwe dat dit n GROOT boek is, spandeer meeste mense die grootste deel van hulle stiltetyd daaraan.

2. 2. Bid is soos n groot trop Buffels.  Soms is daar so baie dinge wat ons vir die Here wil vra dat ons nie weet waar om te begin nie.

Jak 5:16  Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking.

Num 23:22  God het hulle uit Egipte laat trek, sy krag is vir hulle soos die horings van n buffel. 

3. 3. Lofprysing is vir my soos n Renoster. Lofprysing is n kragtige wapen tydens geestelike oorlogvoering. Oral in die Bybel verwys horings na krag, veral in Danil en Openbaring.  Bennie Mostert skryf in sy boek Geestelike Oorlogvoering - Satan is radeloos as ons hom ignoreer. Lofprysing ignoreer Satan en eer God. Daar word krag in die geestelike sfeer vrygestel wanneer gelowiges God prys en eer. Die horing van die renoster lyk ook amper soos n ramshoring wat oorwinning aankondig.

4. Om sonde belydenis te doen, is die Leeu. Deur ons sondes te ERKEN en te BELY stap ons oor van die duiwel, die  brullende leeu  na Jesus die LEEU van Juda.

1 Joh 1:9,10  Maar as ons ons sondes belyHy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie. 

5. 5. Die Luiperd van stiltetyd is om stil te word en te luister wat die Here wil s. Het jy al n luiperd dopgehou? Hy kan vir ure in een posisie l. Hy straal n stille vrede uit. Dis natuurlik ook die moeilikste een van die Groot 5 om te kry. n Luiperd hou ook van afsondering. Om na God se stem te luister is dit soms noodsaaklik om jou af te sonder en stil te word.

1 Kon 19:11-12  Maar die Here s vir hom(Elia): Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan. Skielik was daar n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar n fluistering in die windstilte. 

Job 4:12 n Woord het geheimsinnig by my gekom, my oor het die fluistering daarvan opgevang.

Soos daar is verskillende maniere is om wild te kyk, so is daar ook verskillende maniere van stilte tyd hou.  

By die dieretuin loop jy van hok tot hok. Jy hoef nie te soek na die diere nie en jy hoef ook nie te wonder wat dit is nie. Die naam van die dier en paar ander interressante feite staan op die plaatjie by die hok geskryf. Ek wil dit vergelyk met n dagstukkie boek. Elke dag se teksvers word vir jou gegee en die betekenis of toepassing is vir jou uitgewerk. Die gevaar van net dagstukkies lees is dat jy nooit hoef te dink nie. Jy kan geestelik lui word. 

Op n wildsplaas vat die veldwagters mense op wildritte na die verskillende diere. Hulle het gewoonlik personeel in die veld wat die diere dophou en hulle weet dan presies waar die groot 5 is. Dis baie lekker vir die uitlanders wat net n korttydjie het en baie graag die groot 5 wil sien. Ek wil n rit op n wildsplaas vergelyk met stiltetyd doen uit n bybelstudie boek wat op n vraag en antwoord basis werk of om kerk toe te gaan of n bybelstudie by te woon. Jy is daar, jy ontmoet die Here maar dis in die situasie waar jy baie maklik onbetrokke kan wees of net kan sit en ontvang.  

By die wildtuin moet jy egter alles self doen. Roete beplan, diere soek en self agterkom wat is dit wat jy sien. Hoe meer jy in die wildtuin kom hoe meer begin jy klein dingetjies raaksien. Jy begin die vols kyk, die plante se name leer, jy leer die mooi roetes ken ens. Dis soos om self, saam met die Heilige Gees in jou Bybel te soek na dit wat jou Vader graag vir jou wil wys. Jy leer die Bybel ken. DIS OPWINDEND!! 

Ek brei graag uit op die beeld van wild kyk in die wildtuin:

Net soos daar n paar basiese dinge is wat wildkykers moet doen om die meeste uit die wildrit te kry, net so is daar dinge wat ons moet in ag neem, as ons stiltetyd hou.  

         WILDKYK:   Vroeg opstaan, anders mis jy alles.

STILTETYD:  Gee jou beste tyd, maak moeite en jy sal sien dat God vir jou wag.

Mark 1:35  Die mre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy (Jesus) opgestaan en buitentoe gegaan na n eensame plek en daar gebid 

      WILDKYK:  Beplan die roete wat julle die dag wil ry, vooraf.

STILTETYD:  H struktuur. Moenie net die Bybel oopmaak en op enige plek lees nie. Begin n studie of lees die Bybel deur. Begin iewers en gaan iewers heen. 

         WILDKYK:  Ry stadig anders gaan jy niks sien nie.

STILTETYD:  Moenie net jaag om die groot 5 af te handel. Raak rustig en staan stil by dit wat die Here beplan het om die dag vir jou te wys / s. Soms gaan jou hele stiltetyd uit gebed bestaan, of lofprysing. Onthou dit gaan oor n verhouding. 

         WILDKYK: n Verkyker is nodig om meer detail raak te sien en nie net die mees voor-die-hand-liggende dinge nie.

STILTETYD:  Bid gedurig vir die leiding van die Heilige Gees, ook in jou stiltetyd. Hy maak dinge duidelik en wys die detail van die pad wat jy moet loop. Hy herinner jou waarvoor jy moet bid. Hy herinner aan sondes wat jy moet bely, ens.  

1 Kor 2:10  Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.  

Joh 16:13,14  Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal s, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net s wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 

         WILDKYK:  Gereelde besoekers aan die wildtuin word nuuskierig en wil meer leer van vols, bome, insekte, ens. Hulle begin bel in volboeke, veldgidse ens.

STILTETYD:  Soos jy geestelik groei sal jy n behoefte ontwikkel na handleidings om jou te help om die Bybel beter te interpreteer. Bybelstudie boeke, konkordansies, verskillende Bybelvertalings is als hulpmiddels. Ek het op n stadium tydens ons wildtuin vakansie besef ek is so besig om te lees oor van die vols wat ek gesien het, dat ek van dit wat buite om my aangaan, mis. Wees net versigtig om nie so besig te wees om boeke oor God te bestudeer, dat jy vir God oor wie dit gaan mis nie. 

         WILDTUIN:  Die mees gebruikte voorwep in die wildtuin, is seker die kamera of videokamera. Dis so lekker om soms net weer te kyk en alles te onthou wat jy gesien en beleef het.

STILTETYD: Ons stiltetyd se kamera is n joernaal boek. Indien jy aanteken wat jy geleer of gehoor het, of  wat jy vir die Here gevra het, kan jy later weer daarna kyk en  sien hoe jy gegroei het. Jy kan versterk word in jou geloof as jy lees  hoe jou gebede beantwoord is en jy kan herinner word aan die opdragte het jy by die Here gekry het.

Habakuk 2:2  Die Here het toe vir my ges: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op   kleitablette

      WILDTUIN:  Een van die dinge wat seker die meeste mense verhinder om wildtuin toe te gaan is die gevaarlikste diere daar rond nl. malaria muskiete. Daar is verskeie maniere om jouself te beveilig van pille tot smeer goed.

STILTETYD: Weet maar as jy tyd by die Here spandeer sal die duiwel nie daarvan hou. Bid vir die beskerming van jou gedagtes. Sit jou telefoon af. Hou jou dagboek by jou en as iets jou pla wat jy nog moet doen, skryf dit net neer sodat jy nie vergeet en gaan aan met jou stilte tyd. Bid in die Naam van Jesus Christus en vra Hom om jou met  Sy bloed  te beskerm. 

Natuurlik bestaan ons verhouding met God nie net uit ons stiltetyd nie. Daar is nog:       Die vols van n dankbare hart wat heeldag sing  
      Die bome van diensbaarheid wat koelte en vrugte vir baie ander van God se skepsels bied  
      Veldblomme van vriendelikheid en omgee vir ander wat die land versier.       Die rotse van hard werk en jou geld op n eerlike manier verdien, waarmee jy ook vir God kan eer.  
      Die waterpoele van getuienis waarin mense vry en skoon kan kom en n nuwe lewe in Jesus kan kry. 

Geniet jou stiltetyd en jou verhouding met God. Dis n avontuur!!

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com 

<TERUG NA BO