Dis hoe ek bid - Praktiese wenke oor gebed 

In die studie van die Groot 5 van stiltetyd, gaan ons in hierdie studie stilstaan by die Buffel nl. gebed.  In studie 7 het ek geskryf: Bid is soos n groot trop Buffels.  Soms is daar so baie dinge wat ons vir die Here wil vra dat ons nie weet waar om te begin nie. Net soos n buffel bekend is vir sy krag, net so, leer ons uit Jak 5:16,  dat die gebed van n gelowige n kragtige uitwerking het. 

Ek staan n tyd gelede langs die hokkieveld, die telling is 0-0 en die wedstryd is amper verby. Die spanning langs die veld is hoog, want die uitslag bepaal of die kinders medalje wenners gaan wees of nie. Een van die mas wat langs my staan, s baie spontaan: Dink julle dis nou die tyd wat ons maar kan begin bid? Onmiddellik antwoord sy haarself met; Nee, dalk kan ons nie, want die ander span se ouers bid seker ook.   

Hierdie opmerking het my so laat dink aan my eie vrae, en die van baie ander christene met wie ek al te doen gekry het. Waarvoor mag ek bid? Hoe moet ek bid? Bid ek nie nou selfsugtig nie? Ek wonder of die dissipels ook so gevoel het toe hulle vir Jesus gevra het om hulle te leer bid.
Luk 11:1 Jesus was rens op n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, s een van sy dissipels vir Hom: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.
 

Ek wil begin deur so n paar klippe in die bos te gooi, waaroor jy eers n bietjie kan dink.
Is jy besig om te bid as jy heeldag in gesprek is met God, oor alledaagse gebeure, of gesels jy net met God?
...................................................................................................................

Indien jy s, gebed is n gesprek met God, is dit voldoende om heeldag met God te praat, of het jy dan nog aparte gebedstyd ook nodig?
..................................

Is die stelling Wat jy insit, is wat jy uitkry ook van toepassing op gebed?
..............................  

Gebed - n gesprek met God
Net soos daar in n verhouding tussen huweliksmaats, of in n ouer-kind verhouding verskillende gesprekke plaasvind, behoort daar oor tussen ons en God verskillende gesprekke plaas te vind. Party oor alledaagse gebeure, party oor ander mense, party oor onsself, party oor God self, party oor ons toekoms, ens. Party is lang gesprekke in afsondering en ander is vinnige gesprekkies deur die loop van die dag.  

My kommer is egter dat ons so maklik tevrede kan raak met alledaagse gesprekke, en die sen van n gebedstyd saam met ons Vader mis. Jesus het ons geleer, deur Sy voorbeeld en deur Sy woorde, dat ons in stilte na ons Vader toe moet gaan en tot Hom moet bid.
Matt 6:6  As jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon
 

Voordat ek verder gaan, wil ek herken dat gebed nie vir my n maklike saak is nie. Dit bly vir my n taak waaraan ek myself daagliks moet herinner. Al gaan dit oor die jare makliker, bly dit steeds n daaglikse keuse, om te moet bid. Ek wil nie in di studie, lering gee oor gebed nie, daar is soveel boeke daaroor en dit is so n wye veld. Ek wil eerder n paar praktiese maniere van bid met jou deel. Sommige is wat ek persoonlik doen en ander is soos ons as gesin bid. Hoop jy kan iets hieruit leer.  

Waar om te begin
Soms as ek gaan sit om stil te word en te bid, weet ek net nie waar om te begin nie. My gedagtes dwaal en ek dink aan soveel ander dinge. Dit voel soms vir my of my gedagtes soos n hopballetjie in my kop heen en weer gaan. Daarom help dit my baie om my gebede in n joernaal neer te skryf. Ek wil graag n uittreksel uit my joernaal van 28 Maart 2010 deel, sodat diegene wat sukkel met die konsep, kan sien hoe eenvoudig dit is om jou gebed in n brief vorm tot God te rig. Kyk dus asseblief verby die inhoud maar na die konsep.  

Mre Here. Almagtige God, dankie dat ek vanoggend rustig hier by U kan sit. Dankie vir lewe, vir liefde, vir gesondheid. Dankie dat dit goed gaan met die kinders. Dankie vir n wonderlike huwelik en vir familie. 

Here, U het vir my n plekkie hier op aarde gekies wat net goed is en ek wil U Naam loof daarvoor. Here, maar daar moet n doel wees daarmee en ek wil U nie teleurstel nie. Help my asb om daarby uit te kom. Nee, eerder om net daagliks te doen wat U vir my beplan, dan sal ek mos daarby uitkom. Here wat is U plan vir my vir vandag? 

Almagtige Koning Jesus, sal U my asb vergewe dat ek so baie tyd mors op nietighede, dat ek so ronddwaal in my gedagtes. Here ek het U lief en ek wil U nie teleurstel nie, maar as ek weer sien, het my gedagtes gedwaal. 

Here help my asb met prioriteite. Mre is weer n deurmekaar dag en ek sou dit so graag rustig wou h vir Gerdie se verjaarsdag. Ek het vergeet om my afspraak by die dokter te kanselleer en nou sal ek seker moet gaan. Gelukkig is dit vroeg. Dan is daar nog die teeskink by die begrafnis Dalk moet ek dit maar delegeer. Here en wat van Dirkie nou gaan hy weer alleen by die huis wees. Here asb, sal U my help dat mre sal uitwerk. En asb wees met Jannes as hy toets skryf. 

Here praat asb nou met my deur U Woord.

Ns: Dis nou 5 min nadat ek vir U gevra het oor mre en nou het hulle geskakel om te s iemand anders gaan mre teeskink. Dankie Here. Ek en Gerdie kan nou gaan piekniek hou, U is getrou!!! 

As ek so deur my ou joernale lees, is dit so lekker om net weer te onthou hoe God telkens uitkoms kom gee het. Dis soos om ou liefdesbriewe weer te lees. 

Plek
Meeste skrywers oor gebed, beveel aan dat mens n spesifieke plekkie moet kry waar jy gereeld kan bid. n Spesifieke stoel, lessenaar of vertrek. Ek is bevoorreg om n klein gebedskamertjie in die huis te h. Net so 1,5 x 2m vertrekkie. Die voordeel van so n alleen plekkie is dat daar nie baie ander dinge is wat jou aandag kan aftrek nie en n mens raak ook die omgewing gewoond. Deur elke keer dieselfde plek te gebruik begin jy later die stoel, of bankie in die tuin, of watter plek ook al, met God assosieer en as jy daar verby loop, voel jy sommer net lus om daar in God se teenwoordigheid te gaan sit.  

n Groot aanwins in my gebedskamer is n MP3 speler met luidsprekers waarop ek geestelike musiek gelaai het. Dit help om nie elke keer n CD te moet insit nie, en ek kan net die snitte opneem wat rustig genoeg is.  

Intersessie gebede (Voorbidding vir ander)
Ek wil graag met julle deel hoe ons as gesin vir die wreld bid. Ons het n deurskynende plastiese tafeldoek op ons eetkamer tafel waarby ons elke aand eet. Onder die tafeldoek is daar n groot wreldkaart en ook fotos van sendelinge. Wanneer ons aandgodsdiens hou, kies elkeen n land of n sendeling om voor te bid. Soms gesels ons sommer net oor die lande en ek vind dat die kinders n hart vir ander mense op die manier begin
ontwikkel het.  

Op n stadium toe dit moeilik gegaan het met lede van ons familie, het ons ook van hulle fotos onder die tafeldoek gehad. Dit het ons dan telkens herinner om vir hulle te bid.  

Vroegoggend beskermings gebede:
Elke weeksoggend voordat my man en die kinders uit die huis gaan, kom ons as gesin saam in die woonkamer en dan bid Jannie, as die hoof van die huis, vir elkeen van ons by die naam en vir dit wat ons die dag moet doen. Soms kniel ons, soms staan ons ingehaak in n sirkel en gee mekaar n group hug as ons klaar gebid het. Soms bid ons nie, maar staan net saam en sing n loflied. Hierdie is vir ons as gesin n baie spesiale tyd van die dag en ek glo dit gee vir die kinders soveel sekuriteit.  

Gebedsversoeke
Dit gebeur baie dikwels dat mense vir my vra om vir hulle of hulle ouers of kinders te bid. Ek het begin om, waar moontlik, net daar en dan te s: Nou kom ons bid sommer dadelik en dan bid ek net waar ons is. Of dit nou in die winkel, oor die telefoon, by die skool of waar ook al, is. Ek wil nie n sonde doen van s ek sal bid en dan doen ek dit nie. Indien iemand vir my n sms met n gebedsversoek stuur, antwoord ek die sms met n geskrewe gebed.  

Ek het ook n beginsel besluit geneem om nie vir iemand te vra om vir my oor iets te bid as ek nie al self daaroor gebid het nie. Ek dink ons is so geneig om ons verantwoordelikheid af te skuif op ander mense, wat ons weet, voorbidders is. 

Wat jy insit is wat jy uitkry?
Op die vraag, of bogenoemde stelling waar is wil ek waag om te s, dit hang af van wat jou verwagting is van uitkry. Ek wil dit vergelyk met n huwelik. As n man en vrou baie tyd bymekaar spandeer en alles met mekaar deel en in alleen tye mekaar se teenwoordigheid geniet, gaan hulle baie meer uit die huwelik kry as wanneer hulle net so nou en dan met mekaar oor die noodsaaklike relings praat. 

So is dit dan ook met ons verhouding met ons hemelse Vader. As ons in n volgehoue verhouding met Hom leef en alleen tye met Hom spandeer, gaan ons verhouding groei, en gaan dit wat ons daaruit kry, meer as net verhoorde gebedsversoeke wees. Ons gaan Sy vrede en vreugde ervaar, ons sal Jesus se teenwoordigheid en leiding elke dag in ons alledaagse lewe ervaar ens.  

Ja, wanneer ons so in n verhouding met Jesus leef, dan kan ons ook met vrymoedigheid, spontaan met Hom praat oor n hokkie wedstryd. Want dan gaan dit nie net meer om iets van Hom te wil h wanneer ons magteloos voel en self niks daaraan kan doen nie. Nee, dan is my gebed n voortsetting van my gesprek met God oor my kind en kan ek bid Here, U weet hoe graag wil albei spanne wen. As dit vir ons kinders goed sal wees om te wen, laat hulle asb wen 

Iemand het eendag ges: Seek Gods face, not His hand. Laat dit ons doel wees wanneer ons bid. Om n verhouding met ons Here te h, nie net om iets van Hom te kry nie. 

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com

<TERUG NA BO