Hoofblad
Bybelstudies
Drome en Beelde
Aantekeninge
Gedagtes uit die hart
Vra wat pla
Gebede & Getuienisse
Weeklikse Bybelstudie aantekeninge
Iets oor myself
Kontak my
My gunsteling skakels

 

 

Iets oor myself


My naam is Retha de Villiers en ek is, vandat ek kan onthou baie, lief vir die Here Jesus Christus, my persoonlike Verlosser. Ek en my man Jannie, is sedert 1985 baie gelukkig getroud.
Ons het drie kinders: Jannes het sy eie video en foto maatskappy, Dirkie is 'n onderwys student aan Tukkies en Gerdie is in die hoërskool.    

Ons bly sedert 1985 in Pretoria en is sedert 1987 lidmate van NG Gemeente Moreletapark. 

Ek het ‘n passie en roeping vir die opbou, en ontwikkeling van Christen vroue en lei sedert 1990 ‘n vrouebybelstudie groep.  

In 2008 het ek begin om van die temas wat ons by die bybelstudie hanteer, op skrif te stel en deur middel van e-posse te versprei. Die doel was om vir werkende vroue en vroue wat in die buiteland is, of wat op afgeleë plekke bly, die geleentheid te gee om te deel aan dit wat ons by die Heilige Gees leer.

Kol 1:28
Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.