OM MOEDER TE WEES
(`n Ware verhaal uit die pen van `n moeder Ronell Ockhuys)
 

Dit was `n gewone Woensdag winters oggend, waar die aand dou nog soos kristalle op die gras en op die blare van die bome l toe ek weer eens soos gewoonlik elke Woensdag op my nege-en-dertigste week van swangerskap die kliniek moes gaan besoek. 

Die vorige aand het ek nie `n oog toe gehad nie as gevolg van kontraksie pyne wat my heel nag beet gepak het, ek het die oggend vroeg opgestaan en vir my voorberei om na die kliniek te gaan, onbewus daarvan dat my vrugwater besig was om uit te loop.  

By my Antie Lisa wat net oorkant die straat woon het ek vir `n vriendin gewag wat die vorige aand aan my genoem het dat sy saam gaan. Ons het toe die pad stadig aangevat, min wetend dat ek nie weer saam met haar gaan terug keer nie. Ek het my man Julian agte gelaat wat net by die huis aangekom het uit sy nagskof. 

Onder weg na die Kliniek kon ek die skoonheid van die vroe oggend aanskou en dit self ruik, want dit is altyd vir my wonderlik om so in die vroe oggend ure die vars lug in te asem. Een van my gunstelinge was om ons Hemelse Vader se skeppings te aanskou en te waardeer want dit is alles net genade van Bo wat vir ons hierdie geleenthede bied. 

Met ons aankoms by die kliniek was ek baie uitgeput en moedeloos want die kontraksie pyne het erger geword, maar ek het niks laat blyk en het my naam by ontvangs aangemeld en gaan sit.  Ek moes kort, kort die toilet gaan besoek as gevolg van die swaer drukking op my blaas. Toe dit my beurt was om in te gaan kon ek nie anders as om dadelik aan die suster te noem dat ek verskriklik pyn het en dat my water al uitloop, die suster was baie ontsteld oor ek nie al vroer gepraat het sodat ek sommer by die hospitaal kon uitkom. 

By die hospitaal aangekom, kon ek nie by ontvangs wag nie en het sommer deurgeloop want die pyn was te erg. My man het agter gebly by ontvangs om vir my toe te laat en my ler te kry.  Met sy aankoms was die suster reeds besig om my observasie te doen. Oomblikke later het die suster die hart masjien op my geplaas en gevoel hoeveel sentimeters ek al ontsluit het.  Ek was net twee sentimeter ontsluit en die suster beweer toe dat daar `n skeurtjie in die vrugwater sak was en dat dit veroorsaak het dat die vrugwater uitgeloop het. Sy het toe ook agter gekom dat die baba al haar eerste stoelgang binne in my baarmoeder geuiter het.  

Later het ek aan my man genoem dat hy hys toe kon gaan om ons ander seuntjie by die skool te gaan haal.  Ek het geduldig op my dogtertjie gewag om te kom en was half heel opgewonde oor ek geweet het dat dit nie meer lank gaan wees, dan gaan ek haar in my arms kan hou. Ek het al lank uitgesien na haar koms en ek was ook goed voorberei daarvoor, min wetend wat alles nog op my wag. 

`n Uur van strawwe pyn het my beet gepak en dit het net al hoe erger en erger geword, maar met die wete dat ons Hemelse Vader aan my sy was het ek geen vrese gehad nie.  Ek het maar die pyne aanvaar soos dit gekom en gegaan het. Minute later het `n oomblik van benoudheid my beet gepak en ek het toe sommer geweet dat haar koms nie meer vr was nie en het dadelik aan my man genoem dat hy die suster moet gaan roep. Dit was presies agt uur toe my baba dogtertjie haar opwagting maak, op daardie oomblik het ek in `n groot oomblik van verligting ervaar en dadelik ons Hemelse Vader bedank, want tog het ek gedink dat als oor en verby was, maar min het ek geweet wat op my wag. 

Daardie oomblik wat ek vir nege maande op gewag het, het aangebreek. Dit is die wonderlikste gevoel wat `n moeder kan ervaar as om haar baba vir die eerste keer vas te hou en met liefde en waardering te kan aanskou en ook te kan sien hoe haar baba sukkel om sy of haar ogies oop te kry net om te kan sien hoe haar moeder lyk, want tog dink ek dat hulle selfs ook wonder hoe hul mammies lyk in my moederlike denke speel die gedagte toe rond. 

Met trots en waardering het ek haar vasgehou en my verwonder aan God se skepping wat hy weereens in my sorg gekom plaas het. `n Gevoel van trots en waardering asook verligting het in my binneste opgewel en ek het my o toe gemaak en ons Hemelse Vader gedank vir die geskenk wat niemand anders aan jou kan gee nie. `n Bondeltjie vreugde uit Sy hart aan die wat hy innig lief het, nie dat hy nie lief is vir kinderlose moeders, maar vir elke daad van God is daar `n doel. Sy verwagtinge is dat ons as moeders dit moet waardeer en lief h soos wat Hy ons lief gehad het, en nog steeds is, dat hy sy enigste gebore Seun aan ons gegee het, sodat ons as mens kon weet dat daar wel `n God is wat lewe. 

Om terug te kom na die hede, die suster het vir my ges dat ek haar aan my bors moet sit sodat sy haar eerste suig kon neem om die smaak van haar moeder se melk te kon kry. Dadelik was daar `n teken dat dinge nie honderd persent is met haar toestand nie, want die melk het by haar neus uitgeloop en na `n wonderlike oomblik saam met haar moes die suster haar van my ontneem, ek het nie dadelik kon dink dat dit ernstig was nie. Daar was ook fout met my, want my plasenta het toe nog nie sy verskyning gemaak nie en ek moes na die teater geneem word sodat die dokter dit kon verwyder. Dit het my aandag weg geneem van die gebeurtenis vroer met my baba. 

Later het ek in my hospitaal kamer wakker geword en was sommer verheug toe ek my man daar voor my bed sien sit met ons baba op sy arm, klaar geklee en toegedraai in haar splinternuwe kombersies en klere wat ons vir haar voorsien het, met die denke dat sy vir altyd by ons gaan wees. Die suster het terwyl ek in die teater was die dokter ontbied oor die voorval in die kraam kamer, maar omdat ek nog so deurmekaar was het dinge nog so vaag weg voorgekom. Nadat die dokter haar ondersoek het, het hulle aan my genoem dat ek en my baba dadelik na Worcester hospitaal verplaas word vir verdere ondersoek. Steeds het ek dinge nog nie so ernstig opgeneem nie, want die narkose het my nog heeltemal in `n dwaal gehad. Daardie aand was dit baie koud en winderig toe die susters vir my en my baba na die ambulans neem wat ons na Worcester hospitaal sou neem. Op pad soontoe kon ek as mammie maar net l en toekyk hoe my baba huil en smag na haar mammie. Ook het ek  haar mammie gesmag om haar op te tel en vas te hou. Dit sou ook genoeg gewees het, maar op daardie oomblik was dit heeltemal  onmoontlik.  Ek kon toe net l en toekyk hoe my baba huil en ek kon haar nie eens troos nie, want sy was reeds gekoppel aan masjiene en pype wat haar aan die lewe gehou het. Op daardie oomblik het dit my innerlike moeders gevoelens gebreek om my liefling dogtertjie, waarna ons so uitgesien het, so te moes aanskou.  

Met ons aankoms by Worcester hospitaal het die wind al sterker gewaai en dit het toe ook al begin ren, dit was `n baie koue winters aand ek onthou dit nog soos gister, want elke dag van my lewe speel hierdie verhaal voor my af. Soms voel dit vir my dat dit maar net `n droom was ,maar dan klap die hede my weer terug na die teenwoordige tyd. Dan besef ek dat dit waar was en dan besef ek weer dat alles wat gebeur het net God se wil was en dat ons Hemelse Vader nooit `n fout maak nie. 

Die Ambulans het voor die hospitaal stil gehou en hulle het eers my baba in geneem en toe daarna vir my kom haal en na `n kamer geneem waar die susters weer hul observasies met my gedoen het. Ek het so alleen gevoel en sommer my baba se bewegings, wat ek vir nege maande binne my gevoel het, dadelik begin mis. `n Oomblik van hartseer en verlange het my beet gepak want so alleen het ek nog nooit gevoel nie en my verlange na my man en my ander twee kinders het my toe ook beet gepak. Ek het die kos geet wat my man my vroer die aand gebring het alhoewel ek glad nie honger was nie, het ek maar probeer om die kos in te kry om my kragte op te bou. 

Ek het in `n diep slaap geval waarna die dokter se geroep my wakker gemaak het om die ontstellende nuus aan my te noem dat my baba baie siek is en dat ons dadelik verplaas gaan word na Tygerberg hospitaal waar hulle my kind moes opereer. Haar dermpies het gedraai gedurende die tydperk wat sy nog binne my baarmoeder was. Die skokkende nuus het my toe nog nie op daardie oomblik deurgedring nie. Dit het my wel getref met ons aankoms by Tygerberg hospitaal toe ek besef ek en my kind is baie vr van die huis af en met die vraag: Gaan ons altwee saam terug, of net ek alleen Dit was ook kouer daar as in Worcester. Dit het vir my op daardie oomblik gevoel asof iemand `n dolk deur my hart gedruk het en dit net daar gelos het. So `n brand pyn was in my bors en die trane het onophoudelik oor my wange gerol. Daardie emosies wat deur my liggaam gegaan het was onbeskryflik seer. By Tygerberg hospitaal het hulle weer observasie gedoen en aan my genoem dat ek ontslaan is en dat ek in `n gewone saal opgeneem word waar al die mammies is wie se babas in die hospitaal opgeneem is. Hulle het ges ek kan maar vir my gewone klere kan gaan aantrek. Op daardie oomblik het ek nog baie siek gevoel en gewonder hoekom ek dan so gou ontslaan word, maar ek moes toe maar net aanvaar en doen soos wat hulle van my verwag. `n Paar minute voor ek my gaan was het, het my baba se dokter by my opgedaag en my baba se toestand aan my kom verduidelik. Dit was vir my baie ontstellende nuus. Alles wat die dokter aan my genoem het, het nie dadelik by my ingedring nie, omdat ek nog baie deurmekaar en onder pyn was. Minute later het dit vir my gevoel asof daar `n groot rots op my bors was soos die angs en hartseer my beetgepak het. 

Dit was presies 6h30 toe die dokter by my op gedaag het. Sy het aan my genoem dat die Pediatriese span eers verskillende toetse op haar gaan doen omdat daar gevind was dat haar dermpies gedraai is en dat dit baie gevaarlik is.  Die  rede hoekom sy na my gekom het was om my handtekening te kry vir as daar geopereer moes word en die ander rede was, om vir my as Mammie vir die ergste voor te berei, want daar is `n kans dat my baba dit nie sal kon maak nie. Op daardie huidige oomblik het dinge nog nie tot my deurgedring nie, maar wel oomblikke nadat die dokter weg was het dit vir my gevoel asof iets my keel toedruk soos die hartseer knop wat in my keel kom sit het my benoud gemaak het. Die dokter se laaste woorde, het aanhoudend deur my gedagtes gemaal en haar laaste sin is oor en oor in my brein opgeroep. Die dokter het aan my genoem dat sy my sal bel as my baba dit gemaak het, maar as sy dit nie gaan maak nie sal sy persoonlik na my toe kom om die tyding af te kom gee. Dit het my gelaat in `n situasie wat ek self nie kan beskryf nie, maar al wat ek kan s is dat dit `n pynende, angstige en `n skokkende gevoel was wat enige mammie wat in my skoene sou beland nie kon hanteer nie. Veral as sy so alleen was soos ek op daardie oggend van 7 Junie 2012 om 7h15. 

Elke keer as daar `n dokter by die deur ingekom het was dit vir my `n skok en ook as die telefoon gelui het. Ek het net gedink aan slegte nuus, maar ek het dadelik in verbinding getree met ons Hemelse Meester want Hy stel nooit sy kinders teleur nie en dit was net die beste medisyne vir `n moeder of enige ander persoon wat hulp nodig het. Ons Hemelse Vader is altyd daar vir sy kinders. Pleitend en smekend het ek my voor die voete van my Vader neergel en gehoop vir die beste vir my liefling dogtertjie wat op daardie oomblik hard besig was om vir haar lewetjie te veg. Tog was haar mammie en Liewe Jesus altyd teenwoordig en met my moederlike gevoel kon ek dit aanvoel. 

Onwetend het ek aan die slaap geword, net soos ek weet ons Hemelse Koning dit vir my verkies het op daardie oomblik. Ek het `n ruk wakker geword en gewonder of die dokter dalk nog nie na my kom soek het nie en met my wakker word het ek sommer dadelik een van die verpleegsters geroep en gevra na nuus goed of sleg. Net soos dit sou kom, moes ek dit dan maar net aanvaar.  Verligtend het sy aan my genoem dat die dokters wel moes opereer, maar dat sy nog leef. Dit was vir my die beste nuus wat ek op daardie oomblik kon verwag het, en kon ek net ons Hemelse Vader daarvoor dank. Sy het ook aan my genoem dat my baba wel in die Neonatale intensiewe eenheid van Tygerberg hospitaal opgeneem is vir verdere ondersoek, maar ook dat sy nog nie buite gevaar was nie. My moeder hart was so dankbaar om te weet dat daar wel `n genade kans vir my baba was, ten spyte van als wat ek al tot dus ver gehoor het. 

My eerste dag in die hospitaal was vir my amper soos `n nagmerrie, want dit was toe dat ek besef hoe vr ek van my familie en vriende af was, en dat dit net ek en ons dierbare Hemelse Vader was. Hy was die enigste een op wie ek in daardie tyd kon staat maak en vertrou. Eerstens het hulle my in `n saal geplaas wat al die Mammies is wat ontslaan is en aan my genoem dat hulle later vir my na `n ander saal gaan verplaas. Ek moes toe aanskou hoe ander Mammies wie se babas gesond gebore was saam met my daar in daardie saal geplaas is op afwagting vir hul vervoer wat hulle sou neem tot by hul wonings. Maar ek moes nog agter bly, want so was my baba nie so gelukkig om gesond in die wreld in te kom nie maar baie, baie siek en met `n moontlikheid dat sy kon sterf. My Moeder hart het gebloei en op daardie oomblik het ek so onvolmaak gevoel en gewonder hoekom ek en hoekom nie hulle nie. Ek`t toe so gesmag om my baba vas te hou en te vertroetel soos daardie mammies op daardie oomblik besig was om te doen. Ek was heel verward en alleen gelaat met niemand rondom my om my gedagte `n bietjie weg te neem vanaf my babatjie wat besig was om vir haar lewetjie te veg nie. Elke keer as van die mammies vir my gevra het waar my baba was het die pyn in my bors net erger geword. Sonder om vir hulle te antwoord kon ek maar net huil want geen woorde was daar om aan hulle te verduidelik wat regtig aangaan. My hart was stukkend en hulle het toe ook  sommer dadelik hul afstand gehou, en my gelaat in my eie gedagtes en bekommernisse en dit was nie so maklik nie. Ek moes toe in daardie tyd alles op my neem en alleen daardeur gaan, ongeag wat gebeur, want dit was net ek en ons Hemelse Vader. 

Minute later het `n suster my kom haal om my te vergesel tot by die saal waar my baba gel het. Die Neonatale pediatriese intensiewe eenheid. Op daardie oomblik word die suster geroep en kon sy  nie vir my vergesel tot by die saal waar my baba was nie. Sy het net aan my verduidelik hoe ek moes loop en ek het toe maar alleen die onbekende Tygerberg hospitaal gange aangevat met vrees of ek ooit my bestemming gaan bereik. Ek  het al so uitgesien om weer my baba te sien wat ek nog die vorige aand na haar geboorte vir `n paar minute net kon vasgehou en aanskou het. Onderweg soontoe het ek gewonder of ek ooit my kind se gesiggie sal onthou, want op daardie oomblik het ek net `n vaag weg foto van haar in my gedagte gehad. Ek het ook gewonder in watter toestand ek haar gaan kry. Dit was als denke wat op daardie huidige oomblik deur my gedagtes gegaan het en dit het veroorsaak dat ek onbewus besig was om te verdwaal.  Ek het vir `n aankomende sekuriteitswag gevra, maar eers na ure se rond dwaal en op en af en op en af. Op daardie stadium was elke tree wat ek gegee het baie pynlik, want als was nog baie teer en gevoelig binne my. Ongeag dit het my moeder hart daarna gesmag om weer my baba te sien en aan haar te vat. 

Die sekuriteitswag het my tot voor die ingang van die saal geneem.  Ek die saal binne gegaan en vir die susters gevra of daar `n baba Van Wyk was wat vroeg die oggend by opgeneem is. Die suster het aan my genoem dat daar wel so baba by hulle opgeneem is en dat ek net `n paar minute in die wagkamer moes wag omdat die dokters besig was met hul rondtes. Ek het baie moeg en seer in een van die stoele neergesak en maar in spanning gewag, maar die minute het later ure geword en ek het gevoel dat ek honger is. Ek het een van die mammies gevra om my asseblief tot by `n winkel te vergesel en sy het met alle ywer toe saam met my geloop, dit was verskriklik koud daardie dag en ek het sommer begin bewe toe ons uit die saal beweeg. 

Met ons terug keer vanaf die winkel, nadat ek vir ons elkeen n pastei en n koppie koffie gekoop het, en ons albei versadig was, was die mammies reeds weg uit die wagkamers en na hul babas geneem. My hart het wild begin klop ek het nie geweet of dit angs was of opwinding nie, maar dit was `n heel vreemde gevoel wat in my binneste opgewel het. Die suster het ons verwys na waar ons babas l. My baba het in saal nommer vyf gel. Die heel eerste broei bedjie by die deur, sy het aan my genoem dat ek te alle tye my hande moes was as ek in kom, en ek het so gevolg. My hande kla en deeglik gewas, en toe ek my omdraai en terug kyk in die saal in, het ek dadelik my baba erken.  Sy was die grootste baba in die saal, omdat al die ander babas wat daar was vroeggebore babas was. Verstommend het ek nader gegaan en my verwonder aan al die drade, pype en masjiene waaraan my baba gekoppel was. Reg bokant haar naeltjie was die wond waar die dokters moes oopmaak om te opereer. My moeder hart het sommer gebreek en ek het in trane van skok en bejammering uitgebars. Ai,  want sy was nog maar net `n paar uur oud en kyk deur watter pyn en lyding moes my baba dogtertjie reeds gaan. Dit het vir my gevoel asof ek in die vloer kan insak en my hart het pynend geklop in my bors van hartseer. Die dokter wat vroer die oggend by my was het na my gekom en moed in gepraat en weer haar toestand aan my verduidelik. Syt ook aan my genoem dat die operasie goed afgeloop het en dat hulle beoog om die komende naweek weer te opereer net om seker te maak dat al haar dermpies lewendig is. Indien nie, sou hulle die gedeelte wat dood is moet afknip en haar dikderm buiten toe moes bring wat dan sou lei dat sy vir `n tyd lank `n sakkie moes dra waarin haar uitskeidings sou beland. 

Dadelik na my en die dokter se gesprek het ek na die naaste toilet gegaan en  met ons Hemelse Vader in verbinding getree en by hom gepleit sodat, as dit moontlik is, dat hy asseblief my baba dogtertjie daardeur moet help. Ek het gevra: Vader U is `n lewendige God wat lewe en by U is niks onmoontlik nie. Ek weet as kind van U, dat U en U alleen my dogtertjie van splinter nuwe dermpies kan voorsien, en Here as ek enigsins deel het aan haar siekte vergewe my asseblief en help net vir my sodat as dit my straf en my stryd is dat ek dit sal kan deurmaak. Ek weet dat ek kan, want ek het U aan my sy. Here laat u wil geskiet Amen.   

Deur my gebed kon ek die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader aanvoel, want die golf wat deur my gegaan het tydens my gebed was onbeskryflik en die trane van geloof het oor my wange gerol. Dadelik het ek geweet dat net  die Here sy kinders so kan laat voel. Daarna was dit tyd vir my om terug te keer na die saal waar ek my bagasie gelos het. 

Nog `n dag het verby gegaan, en weer moes ek soos die vorige dag heeldag langs my baba se siek bedjie deurbring. My moeder hart het pynend geklop elke keer wat ek my dogtertjie, na wie se koms ek en my man so uitgesien het, so moes sien veg vir haar lewe. Elke armpie en elke voetjie het naalde ingehad. Pype en drade en masjiene wat haar aan die lewe gehou het, was ook aan haar gekoppel. Al wat ek kon doen, was om haar toontjies te hou vas en oor haar koppie te streel, net sodat sy kon weet dat haar mammie daar is vir haar en dat ek haar nie vir een oomblik alleen wou los nie. So het ek ook heel dag in verbinding gebly met ons Hemelse Vader om te smeek, en te pleit vir `n wonderwerk. Sy was toe net twee dae oud en het alreeds `n reuse operasie ondergaan, maar deurgedra deur die genade van God. Die volgende oggend dit was die Saterdag oggend 09 Junie 2012. Ek moes weereens vroeg opstaan sodat ek vroeg by haar kon wees. Met my aankoms in die saal was die Professors en alle ho dokters almal daar. Dit was die oggend wat ek die papiere moes teken vir my kind se volgende operasie. Die een waar hulle sou kyk of die medikasie waarop hulle my kind geplaas het die werk gedoen het. Hulle het my weereens vir die ergste voorberei, maar tog was dit op daardie oomblik selfs skokkend glad nie kommer wekkend nie. Ek het reeds vroeg die oggend met my Hemelse Vader in verbinding getree en gevra Here as dit wel nodig is dat my baba nog tyd nodig het om te herstel ,laat U wil geskied.  

Ook op daardie oomblik het ek by my Hemelse Vader gesmeek en gepleit Here U ken my hart se begeerte en U alleen weet dat ek as moeder van `n siek gebore baba dogtertjie sal graag weer die geleentheid wou h om my baba  te hoor huil. Ek sal graag vir haar wil vashou en vir haar wil beklee in die kleertjies wat ons vir haar koms voorsien het. Here, sien asseblief ook vandag my moederlike begeertes in en voorsien U my kind van splinter nuwe dermpies, want ek as U kind weet waartoe U in staat kan wees.  

Weereens kon ek die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader aanvoel en dadelik het ek geweet wie op daardie oomblik in beheer was. O hoe dankbaar was ek nie op daardie oomblik nie. Die trane van geloof en aanbidding was weereens daar en ek kan vandag met `n dankbare hart daarvan getuig. Ek het geweet hierdie God van my gaan vandag `n mooi ding doen en ek het die Here daarvoor geprys en gedank. Dadelik het dit by my opgekom dat ek dit baie sou waardeer het as ek net `n Bybel in die hande kon kry. Ek het op daardie oomblik gedink dis hoogs onmoontlik maar ek was onbewus dat ons Hemelse Vader al ons hart se begeertes ken en voorsiening maak vir sy kinders.  

Die vorige dag was my kamermaat se baba ontslaan en sy kon huis toe gaan. Met `n rou hart moes ek nog wag op my baba wat nog hard vir haar lewetjie geveg het. Ek het toe eers terug gegaan kamer toe gegaan, want ek moes eers ontbyt gaan eet. Dit was toe dat die wonder gebeur. Daardie mre toe ek my kamer deur oop stoot l daar `n Bybel oop op my nuwe kamer maatjie se bed. So geskok en ter selfde tyd opgewonde was ek nog nooit. Dadelik het ek geweet dat dit net God se wil was. Dit was amper asof daardie Bybel vir my daar neergesit was en ongeag wie se Bybel dit was het ek dit geneem oopgemaak en begin lees. Ongelukkig kan ek nie die skrifte onthou wat ek als gelees het nie, maar al wat ek kon onthou was die golwe wat deur my liggaam gegaan het toe ek lees. Daarna sonder dat ek geet het ,het ek terug gegaan na waar my baba gel het om die papiere te teken. 

Die suster het die papiere aan my oorhandig en soos ek daardie papiere geteken het, het ek gepraat met die Here, ek het gevra: Here ,ek het nie vandag veel om my oor te bekommer nie, want ek weet U is in beheer en siende dat ek U reeds gevra het, en dat ek weet u stel nooit U kinders teleur, Here plaas ek my handtekening op hierdie papier. Nie as `n doods vonnis nie, maar wel as `n skrif van oorwinning en geloof. Vader ek vra dit als in die Naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees met alle danksegging. En Vader laat U wil geskied Amen. 

Daarna het ek die Saal verlaat en buitentoe gegaan om op my moeder se koms te gaan wag. Syt reeds vroeg die oggend laat weet dat sy op pad na my toe is. `n Gevoel van opwinding het vir die eerste keer vandat ek daar was in my opgewel. Ek het gevoel soos `n kind wat `n nuwe speelding te wagte was. Na `n hele ruk se gewag en na `n lang gesoek en bietjie verdwaal het ons uiteindelik mekaar gevind en vasgedruk en  geliefkoos van blydskap om mekaar te sien. Ek het my moeder na my baba toe geneem wat steeds gewag het vir haar tweede operasie.  

Dadelik het ek geweet dat God my kind tyd gee om te herstel. Met ons aankoms het die suster my ingelig dat die dokters nog nie by haar kon uitkom nie as gevolg van `n noodgeval wat dadelik hulle aandag nodig gehad het. Omdat my baba meer stabiel was moes hulle haar operasie eers terug skuif en dadelik het ek weer aan my gebed gedink wat ek vroer vir God gevra het. Opwinding het in my opgewel, want dadelik het ek geweet dat God in beheer was en het dadelik die Hemelse Vader in my gedagte daarvoor bedank. 

Met ons aankoms het die susters die saal se ligte afgeskakel en net die kop ligte was aan. Daar het my babatjie gel, o wawyd oop, vir die eerste keer. Trane van blydskap het oor my wange gerol. Ek en my moeder kon net daar staan en vir haar aanskou. Hoe sy, onbewus van die klomp drade wat aan haar gekoppel was, l en rond kyk en haar handjies en beentjies rond beweeg soos `n normale babatjie wat niks makeer nie. Onbewus daarvan dat sy nog weer gesny moet word. Sy`t ons aangestaar. Amper asof sy wou probeer uitmaak watter een van ons haar mamma was. Ek het toe al geweet dat ons Hemelse Vader het reeds die genesings werk gedoen. Soos oud gewoonte het ek aan haar groot toontjie gevryf dat sy kon weet dat dit ek was wat by haar is. Daar was `n onbeskryflike kalmte in daardie Neonatale eenheid op daardie oomblik. Dit was onbeskryflik. Net daarna het ek en my ma `n tydjie saam gaan spandeer tot en met die namiddag toe sy weer moes vertrek, en my moes agter laat. My hart het sulke rukkende pyne gegee, net om te dink hoe vr ek van die huis af was en my verlange na my ander twee kinders het ook nog aan my gevreet. Die vorige aand het my man aan my mee gedeel dat hulle al twee siek is van verlange.

Daardie agter middag sou hulle my babetjie weer opereer maar kon toe nie as gevolg van noodgeval babas wat ingekom het. Ek het geweet dat die Here besig was om haar te herstel. Teen daardie tyd het ek baie naby Jesus gelewe en ek kon selfs Sy stem ook duidelik hoor as Hy met my gekommunikeer het. Ek het toe terug gegaan na die saal waar ons as moeders oornag nadat ek vir laas by my babatjie gaan inloer het en `n nagsoentjie gegee het en soos ou gewoonte haar toontjies gevryf sodat sy kan weet haar mammie is by haar. 

Die volgende oggend het ek vroer as gewoonlik opgestaan, net gebid vinnig gewas en na Neonatale eenheid gegaan waar my baba gel het. Toe ek daar kom was die professors almal daar en ek`t toe dadelik opgemerk dat hulle reeds die operasie gedoen het want sy het `n ander plaster opgehad en die plek het rou gelyk. Met `n glimlag het die Professor aan my genoem dat die operasie `n sukses was. Trane van blydskap het oor my wange gerol en ek het dadelik toilet toe gegaan om die Here te loof en te prys daar oor. My baba het toe goed aangesterk en waarlik na vyf dae was ons ontslaan. Ek sal daardie dag nooit vergeet wat die Professor vir my ges het dat ek kan begin met orale voeding. My Moeder hart het pynende warm kloppe afgegee want dit kon tog so anders gewees het maar ons Here maak nooit `n fout nie en als wat gebeur in die lewe gebeur met `n doel en dit kan ek jou verseker. 

Dit was `n baie pragtige dogtertjie wat God my en my man gegee het. Min het ons geweet dat hy haar sommer weer gaan kom haal. Ons was vir ag dae by die huis. Sy het na die operasie `n asemhalings probleem gehad en op die agste dag, presies die 28ste Junie 2012 om 15h00 namiddag het ek haar nog gevoed en haar winde uitgeslaan en haar gaan neerl. Sy het nooit weer wakker geword nie. In die begin was ek verpletter en in rou gedompel, maar vandag kan ek met `n vry en ope hart aanvaar dat dit wat met my gebeur het die moeite werd was. Deur dit als het ek as `n sterker mens anderkant uitgekom en verlos van alles wat ek verkeerd gedoen het. God het als aan my openbaar hoekom Hy my deur dit als gesit het en vandag is ek baie nader aan God as ooit en my kind is verlos van alle pyn en lyding en sy gaan verewig lewe. En vandag weet ek dat om Moeder te wees iets besonders groot is en dat dit nie al die tyd maklik is om `n Moeder te wees nie maar met krag en toewyding van Bo is niks onmoontlik nie maar wel genadiglik. 

God het vir my `n gesonde klein dogtertjie gegee op 19 Junie 2013. Ek het haar met ope arms en ope hart aanvaar as my eie en ek sal vir haar die nodige aandag en liefde gee wat sy moet h. Ek sien uit daarna om eendag weer my dogtertjie te ontmoet by die Oospoort met Jesus aan haar sy.   

Dankie JESUS VIR U LIEFDE!