Het God "locked-in syndrome"?

Ek dink elkeen wat al van Dr Cival Mills gehoor het, is diep geraak deur sy siekte. Vir die wat nie van hom weet nie, net so bietjie agtergrond. Dr Cival was ‘n mediese dokter wat, na hy een aand gewerk het, aan die slaap geraak het terwyl hy bestuur het. Hy het in ‘n paal vasgery en het sederdien “Lock –in” sindroom. Sy verstand makeer niks maar sy liggaam funksioneer nie. Hy het geringe gebruik van sy een voorarm, sy kop en sy oog lede. Hy het reeds twee boeke geskryf, is ‘n motivering spreker en doen onder andere navorsing op breinstam behandeling. Kyk gerus na sy webtuiste www.civalmills.co.za

Hy het so tydjie gelede in ons gemeente opgetree met behulp van ‘n rekenaar stem. Die rekenaar lees wat hy getik het.Terwyl ek so na hom gekyk en na sy rekenaar stem geluister het, het ek skielik ’n nuwe verstaan gekry van “Christus in my”.  God het vrywillig besluit om deur mense te werk. Ons moet Sy hande en voete en stem wees. Ons moet sy getuies in die węreld wees. Ons moet Sy liefde aan die węreld wys.

Maar wat gebeur as ons dit nie doen nie. Hoeveel keer wil God nie dalk vir iemand Sy liefde wys, maar verlam ons Hom  - “Sluit ons Hom in” omdat ons soos Dr Cival se liggaam, onwillig is om te gehoorsaam. Hy skryf in sy gedig “If I Could”:  “Oh let me walk the road again, Oh let me use my hands again” en  “If I could touch her skin again

Ek moes tydens die erediens, vir myself die vraag beantwoord. Is ek bereid om te gaan waar God wil wees, of te vat aan wie God wil vat? Of het God dalk “Locked –in syndrome”  in my.

Het God dalk “Locked –in syndrome” in jou?

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com