Gebede van n vrou met n werklose man

1.    EENDAG

Ek wens ek kan gaan na waar niemand my ken,

Ek wil my agterkant na die lig toe draai en my kop in my dop trek, soos die skilpadjie in ons tuin.

Eendag sal ek uitkom en almal en alles weer face

As ek sterker is as nou....

 

2.    WAAR MOET EK HUIL ?

Here waar kan ek huil ?

By die huis moet ek die man en kinders regop hou

Die tien minute skool toe ?

Gelukkig skuil ek agter die bril, maar wat van my stem ?

Ek het net vir U om by te huil...

Here, askies dat ek so treurig is

Hierdie seisoen is lank,baie lank

maar dankie, baie dankie..

ek voel nie van God verlate

Die son van redding sal met genesing ook oor my skyn

En ek sal ook weer bokspring soos n vetgemaakte kalfie.

 

3.    GEBED

Ek is verslae, Here, eintlik is ek verslane...

is daar n verskil, Here ?

Niks wat ek ooit voorheen ervaar het, in moeilike tye, kom naby hierdie gevoel nie

is hierdie n toets, Here ?

Ek het gedink ons is deur, het die slaagsyfer gehaal !

Hierdie is in n heel ander kategorie

sal ons dit maak ?

Ek is bang en kwaad en verneder en dan...

dan is ek jammer, jammer dat ek so ondankbaar is, want U voorsien

weliswaar nie soos ek gehoop het U sou nie,

 maar na agtien maande is enigiets beter as niks.

Vergewe my asseblief my gedagtes

Help my regop asseblief of kan ek iewers n bietjie l,

daar waar niemand my kan sien nie, asseblief, Here ?

Ag Here, vergeet van my en my treurmares,

Sen asseblief my man en kinders, laat ek van hul kommer dra,

want U sal my regop hou, ek weet U sal !

Vergewe die vrae en redenasies, laat ek liewer onthou..

U is nie n mens dat U sal dink of doen soos ons van mense verwag

U is die Almagtige God wat soveel meer kan doen as wat ons kan bid of dink !

Here, hoe lank nog...?

Ek sien my man stiller word, ook grys.

Here sien U nie hierdie gesin swaarkry nie ?

Wat van my kinders, hulle is so verwese en verdwaas...

Laat hierdie storm hulle asseblief sterk maak en laat hulle niks daarvan oorhou

wat seer of sleg is nie, asseblief Here, hulle is so jonk nog.

U het met deernis in die woestyn na die Israeliete gekyk

 en besluit om n einde te maak aan hulle swaarkry.

Here, ek weet U het ons lief,

maar kyk U met deernis na ons ?

sal U dan nie ook n einde maak aan hierdie swaarkry nie ?

Ag, Here , vergewe asseblief die gekerm en gekla

Vanaand is ek tranerig, maar mre sal ek weer lag en n lied vir U sing,

Want U is ons God, U bepaal ons pad, niks wat vir ons te swaar is, sal ons hoef te dra nie,

so belowe U talle kere in U Woord, Here, en ek glo dit omdat al U beloftes vasstaan

Dankie Here vir genade oorvloedig in hierdie geweldige waters van werkloosheid,

 waaruit ek weet u ons weer sal uitlig..

Amen