n Gebed vir my werkende man 

Dankie Vader vir my man. Dankie vir die werk wat U vir hom gegee het. Dankie vir al die ure wat hy insit en al die opofferings wat hy maak om soveel kere weg van die huis te wees, sodat hy in ons gesin se finansile behoeftes kan voorsien. Maak ons as vrouens goeie rentmeesters en help ons om oordeelkundig met die geld om te gaan. 

Gee vir hom krag en energie vir elke dag. Sen hom met wysheid, insig en kennis om die regte besluite te kan neem en met integriteit op te tree. Wees U in beheer van sy tyd leer hom om te onderskei wanneer dit nodig is om te delegeer en self wanneer dit nodig in om nee te s. Rig U die regte mense op rondom hom om die werklas ligter te maak. Reguleer U sy dagboek. Sen sy stiltetyd elke mre. Vader praat met hom in drome of deur visioene en help hom om elke dag die dissipline te h om by u voete te sit en uit u Woord te leer. Bewaar hom van versoekings en open sy geestelike o om dit vroegtydig raak te sien. Hou hom naby aan U en U Woord. Gee aan ons vrouens n fyn ingesteldheid om  vir hom in te tree en sy arms hoog te hou in gebed. Wees u sy Leidsman en Herder. 

Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen

 -Anneke Hannekom-