19-08-10

Vader ek kry swaar vandag. Dis sowaar al dag 3 na chemo en dis nie lekker nie. Ek het al vergeet hoe sleg mens kan voel van chemo. Ek kry myself nogal rrig jammer vandag. Weet dit sal ook verby gaan. Dankie dat u saam met my in die ding is. U is  groot Vader. Ek kan dit beslis nie op my eie doen nie. Ek het U so nodig. Help my asb Vader . Ek  het U nodig. Ek kan nie een tree verder sonder U nie. As dit nie vir U was nie, het ek al in die pad af gehardloop. Dankie dat die dag darem besig is om verby te gaan. Dis maar vir my swaar dat my skoonouers moet sien hoe lyk ek van die chemo. Maar dit help baie dat hulle hier is om met die kids te kuier en om te help kosmaak. Help asb vir my man en kinders dat hule ook u krag in die tyd sal ondervind. Dat u so naby aan hulle sal wees dat hulle U asem op hul wang kan voel. Dankie dat U vir my meer werklik is as die hare op my kop en die bloed in my are. Dat U die rede is vir my bestaan. Ek loof U met alles wat in my is. Daar is niemand soos U nie en daar is niks so belangrik as dat U in my lewe is nie. Ek het U ongelooflik lief lief lief lief. U is die eerste en die laaste. Blessed is the name of the Lord, blessed is your glorious name. You give and take away. You give and take away. My heart still choose to say, Lord blessed is your name.  Ek is nou maar dronk in my kop Here. Help my asb net deur hierdie dag. Help my om nie moed op te gee nie. U is my hoop . U is my krag, U is my enigste. U is die een wat saakmaak. U is my hart en my siel en my alles. I trust you Lord. Here gee my rus in U. Help dat ek by u sal wegkruip en sal skuil soos Dawid in Ps 18. Sit my in U hart en dra my teen U bors soos n klein lammetjie. U is my Herder. Ek is lief vir U. Ek wil net met my kop teen U skouer leun en ontspan en weet dat U my sal dra. U sal my nie neersit voor ek weer krag het om op my eie voete te loop nie                                                                                                              

I love U my child. Jy is vir my kosbaar. Ek sal jou help.  (Jes 41:13) Ek vat jou hand. Ek is by jou. Jy is myne . moenie bang wees nie. Ek sal jou nooit verlaat, jou nooit in die steek laat nie. (Jes 40:28-31) Ek gee jou nuwe krag, soos die van n arend. Jy hardloop en word nie moeg nie. Ek sal jou die oorwinning laat behaal . Glo in my en jy sal nie teleurgestel word nie. Vertrou my en rus in my. Strength arise as we wait upon the Lord.  The joy of the Lord. Is my strength.  

1 September 2010

Die tyd gaan darem ongelooflik vinnig verby. Hier is dit alweer 2 weke na ek chemo gehad het. Moet s dat dag 3 en 4 n riller was. Het sommer al die Sat beter begin voel en kon die Sondagaand kerk toe gaan! Maandag sowaar al klas gegee. Here u het my ongelooflik geseen. Dankie. Dankie dat u my so gedra het in die laaste 2 weke.  



Die middelste 3 letters van "trust" is rus. 2 mense het al vir my ges ek moet my rus in die Here vind in hierdie chemo tyd. Ek wens ek kon mooi teken. Ek picture  die 2 ts as 2 kruise. Die rus in die middel is soos n hangmat. Ek kan rus omdat ek deur Jesus die groot geneesheer omsingel word. Ek rus in Hom. Ek hang my hangmat op aan sy genade. Ek sal dalk vir iemand wat mooi kan teken vra om dit vir my te skilder.

Here ek is so ongelooflik lief vir U. Ek is mal oor U. Dankie dat dit lente is, dat U die natuur laat uitbars van vreugde en lewe in oorvloed. Dankie vir die kleure en geure van die lente. Dankie dat U so ongelooflik is. Dankie vir U wonderlike skepping. Ek geniet dit so dat alles begin lewe. Is opgewonde oor die Jakarandas amper gaan blom. Die clivias op my voorstoep is ongelooflik. U is ongelooflik. Ek kan nie wag om U te sien nie. Ek kan nie wag om die hemel te sien nie. Ek dink dit gaan alles  by vrre oortref wat ons kan dink of droom. Dan sal alles sin maak, als in plek val. Vir nou kan ek net vertrou op U. 

- Minki Keyser -