Droom 2009: Dankbaarheid in moeilike omstandighede 

Onlangs droom ek, ek ry langs die see en daar kom ‘n tsunamie wat oor my motor spoel, maar in plaas van om my weg te spoel, vorm die reuse golf ‘n tonnel om my, soortgelyk aan die waarin die branderplankryers ry. Ek het ‘n gevoel van ekstase in die groot vloedgolf gehad en sover as wat ek gery het, het die golf voor my oop gegaan. Die droom was so vreeslik werklik en het by my gebly. Op daardie stadium was ek besig om die bybelstudie te skryf oor “Dankbaarheid as deel van lofprysing” en toe ek later in die dag weer sit en skryf aan die bybelstudie het die Heilige Gees die betekenis daarvan vir my geopenbaar.  

As ons omstandighede vir ons soos ‘n tsunamie voel, maak lof en dank aan God ‘n tonnel, sodat ons vreugde in ons omstandighede kan beleef.  

1 Tess 5:18  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.  

Om meer te leer oor dankbaarheid in moeilike omstandighede lees Studie 1 “Dankbaarheid as deel van lofprysing”