Droom 2009: Liefde en respek vir God 

Ek het een nag n droom gehad wat my seker die res van my lewe sal bybly. In die droom het die Here my byna prakties laat ervaar wat dit beteken om Hom gelyktydig te vrees en lief te h. n Begrip wat soms so moeilik vir my was. 

Ek droom ek is in een van die Kruger wildtuin se kampeerterreine. (Dit is n gedeelte wat met ho drade toegekamp is en waarbinne jy veilig kan rondbeweeg.) Ek droom n reuse maanhaar leeu kom in die kamp ingestap. Ek wens ek kan beskryf hoe mooi die leeu was. Ek gaan nie eers probeer nie, want geen woorde sal dit kan beskryf nie. Glo my maar, dit was n volmaakte leeu.  

Al die mense het weggehardloop en ek het versteen, want die leeu het reguit na my toe aangestap gekom. Ek het my verwonder aan die leeu maar was so bang dat ek nie kon beweeg nie. Die leeu het tot by my gestap, omgedraai, in dieselfde rigting as ek gekyk en so styf teen my kom staan, soos n hond wat by sy baas staan.  

Skielik beleef ek n intense, intense liefde vir die leeu. Soos n jong kind wat n hondjie vasdruk en liefkoos, maar ek besef ek mag nie n voet verkeerd sit.  

Die aanvanklike gevoel van vrees vir die leeu het oorgegaan in n gevoel van respek. Ek kan nie in die leeu se teenwoordigheid n vinnige of verkeerde beweging maak. Dit bly n gevaarlike en wilde dier.  

Nadat ek wakker geword het, was ek so bewus van God se krag, Sy grootheid en Sy almagtigheid. En om te dink Hy het my gekies as Sy kind. Maar ek was net so bewus van die oorweldigende liefde wat ek vir Hom beleef het. 

So rukkie daarna het ek n program op die TV gesien van n man wat saam met die leeus leef, hulle gedrag dophou en dit dan op film vasl. Hy het ges, al is hulle hom hoe gewoond, mag hy nooit vergeet dat dit wilde diere bly en dat hy hulle, te alle tye, met die grootste respek moet hanteer.  

Die beeld het my laat besef dat al is ek hoe lief vir God en al streef ek na n intieme liefdesverhouding met Hom, mag ek nooit ooit vergeet dat Hy God is en dat ek n sondige mens is. Ek mag nooit my respek vir God verloor nie.

Ps 2:11  Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig 

Open 15:4  Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.