Kompos vir die nageslag

Ek was n rukkie gelede by n begrafnis van n jong meisie. n Groot deel van die familie in die kerk was ou mense. Mense van tagtig en self negentig jaar, meer as een in n rolstoel of met n loopraam.

Ek het met God gepraat en gevra, hoekom moes sy wat nog so jonk is doodgaan en ander  wat reg is, en uitsien om na Hom toe te gaan, bly lewe. Soms in baie moeilike omstandighede.

Terwyl ek so met God sit en praat, wys daar n foto van die meisie waar sy tussen pragtige blomme sit, met een blommetjie agter haar oor.

Duidelik hoor ek God se antwoord. Sommige pluk Ek, en ander moet kompos word 

Sederdien kyk ek met ander o na ou mense. Hulle is vir my soos die blare en ou blomme wat afval en verrot, maar hulle gebede, wyshede, omgee, rustigheid, voorbeeld ens. is soos kompos wat noodsaaklik is vir die geslagte na hulle om te kan groei en nuwe blommetjies maak tot God se eer. 

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com