Jupiter vrou

Gedurende Hettie Brittz se uitstekende praatjie oor Nie meer n ster tydens die Carry His name Konferensie by Moreletapark gemeente, het ek n wonderlike belewenis gehad wat ek graag deel, omdat dit vir my so baie beteken het en omdat ek glo daar is vrouens wat hiermee kan assosieer.

Op n stadium het Hettie ges, God kies wie Hy waar wil gebruik en wie Hy as sterre wil gebruik. Ek kan nie haar presiese woorde onthou nie, maar dit is soos ek dit verstaan het. Toe sy dit s, sien ek n beeld van n skooltaak oor die heelal. Ek het n ovaalvormige draadring gesien en iemand wat besig is om sterretjies aan toutjies, aan die ring op te hang. Ek sien toe dieselfde hand wat n groot ronde bal aan die draad ophang en ek hoor duidelik Jupiter. Die res van die dag was ek intens bewus van Jupiter en ek kon nie wag om te gaan lees oor Jupiter nie, want ek het besef die Here wil iets vir my s.

Sover as wat ek gelees het, het ek al meer opgewonde geraak en ek wil graag met jou deel wat ek glo hierdie beeld van Jupiter beteken.

Jupiter is die grootste planeet in die sonnestelsel en bestaan hoofsaaklik uit twee gasse nl: Waterstof en Helium. Dit is dus n groot gasbal wat bestaan uit ontelbare deeltjies wat vrylik ronddryf.  Daar is wel n baie klein yster kern. Jupiter is n baie winderige, stormagtige planeet en windstorms van tot 600km per uur en elektriese storms, honderd maal kragtiger as op die aarde, is nie ongewoon nie. As gevolg van die beweging van die geweldige groot hoeveelheid los gasdeeltjies, is daar n magneetveld in en om Jupiter, wat die sterkste magnetiese krag in die heelal is.

Terwyl ek dit lees, ervaar ek dat die n boodskap vir ons gewone vroue is. Vroue wat nooit op n verhoog of in n tydskrif gaan wees of wat nooit ster status gaan h nie. Vroue wat met tye dalk wonder of God hulle ooit iewers gaan gebruik. Vroue wat die storms van die lewe moet trotseer.

Ek het weer die hand gesien wat Jupiter met sorg aan die draad ophang en ek het besef, ek Jupiter vrou, is gekies om saam met duisende ander vrouens opgehang te word. Vrouens wat met hulle diensbaarheid, en hulle besig wees, (diegene van ons wat doen wat ons hand vind om te doen) n krag in ons land is. n Krag wat ander aantrek, wat families bymekaar hou, wat gemeentes in stand hou, wat liefdadigheids instansies aan die gang hou. n Krag wat n nuwe generasie volgelinge van Christus grootmaak.

Ek het ook gaan oplees oor die twee gasse, Waterstof en Helium. Dis eenvoudige, kleurlose, smaaklose en reuklose gasse. Hulle kookpunt is die laagste van alle elemente. Waterstof is die ligste gas wat nog gedentifiseer is en dit is die belangrikste element in die heelal omdat dit die bousteen vir so baie ander atome is. Wanneer waterstof met suurstof bind, vorm dit water. Helium is uiters klein en ligter as lug wat maak dat dit altyd wil opstyg. Soos ons dit dan ook ken in ballonne.

Die Jupiter vrou is die vrou wat daagliks, in nederigheid en met geduld, in noue verbintenis met die Heilige Gees leef en lewende water aan dorstiges uitdeel. Sy streef altyd daarna om bo haar omstadighede uit te styg. Sy hunker altyd na haar Vader daar bo in die hemel.

Een van die mees kenmerkendste eienskappe van Jupiter is die Groot Rooi Vlek. Die vlek word veroorsaak deur 'n sikloon wat al minstens 300 jaar duur. Die omtrek van die vlek is so groot dat twee tot drie aardes daarin kan pas en die draaiende gaswolke styg tot agt kilometer bo die planeet se oppervlak. Niemand weet wat hou hierdie spinnende storm aan die gang nie. Daar is ook maar net bespiegelinge waarom dit rooi is.  

Vir my het die ysterkern, die rooi vlek en die winde, herrinner aan die werking van die Drie- Enige God in ons lewens. God die Vader waaroor alles gaan. Jesus wat ons met Sy bloed vrygekoop het en die Heilige Gees wat deur ons werk. 

n Ander baie intressante feit oor Jupiter, is dat hy nooit n ster sal kan word soos van die ander planete nie. Dit het iets met die digtheid te doen, ek gaan dit nie eers probeer verduidelik nie. Hoe dit ook al sy, soos Jupiter nie bedoel is om n ster te wees nie, is daar duisende dienende Marthas en aanbiddende Marias wat nooit n ster gaan word nie, maar deel sal bly van die wonder van Jupiter wees. Wat n voorreg!! 

So laaste gedagte: Jupiter is die helderste lig in die hemelruim wat met die blote oog gesien kan word. Daar waar Christene hoofsaaklik op onsigbare wyse saamwerk in eensgesindheid, en individue amper verdwyn, skyn Sy lig die helderste !     

My gebed is dat ons as Jupiter vroue, vrede en vervulling sal vind in die wete dat ons n kragtige verskil maak wanneer elkeen haar deeltjie doen.

Ps 33:6  Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame.

PS 37:3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. 

Retha de Villiers
18 Maart 2012

www.lewenssaad.co.za
www.windsa.co.za