Haainette: God se beskerming 

Ek het jare gelede ‘n baie interessante gesprek met die Here gehad wat my hele uitkyk op die geesteswęreld verander het. Dit was in ‘n tyd toe ek niks van geestelike oorlogvoering of bevryding geweet het en ook nie iets daarvan wou weet nie. 

Tydens een van ons gesinsvakansies het ons die Natalse Haairaad besoek, waar hulle onder andere, aan ons verduidelik het hoe haainette gespan word.  Terwyl ek daar gesit en luister het, het ek ervaar die Here vra vir my wat ek sien as ek na die see kyk? Ek het gesę ek sien blou met klein wit golfies op. Hy vra of ek enige visse in die see sien. Ek het geantwoord ek kan dit nie sien, maar ek weet daar is visse. Hy vra toe, hoe ek dit weet? Ek antwoord dat ek al gesien het hoe vissermanne visse uit die see trek en ek het al programme oor die diepsee, op TV gesien.  

Die Here vra toe vir my wat ek sien as ek na die lug kyk? Ek antwoord: “Blou lug met klein wit wolkies”. Hy vra of ek enige hemelwesens sien? Ek het natuurlik negatief geantwoord, en die volgende vraag was. “Beteken dit, daar is niks omdat jy niks sien nie”? 

Daarna het ek besef die Bybel is soos ‘n foto album wat vir ons ‘n kykie gee van wat in die geestesdimensie (vir ons onsigbare) aangaan. Ek het ook ervaar die Here sę ek moet luister na stories van mense wat bevryding ervaar het, of wat sataniste was. Hulle het ervaring van dinge wat ek nog nie gesien het. Hulle het al in die “diepsee geduik”.   

In die gesprek wat gevolg het, het ek paar lesse geleer wat my al so baie gehelp het.

            Haainette is daar om ons te beskerm teen haai aanvalle. Net so is God se “haainette” (bepalings in die Woord)  nie daar om ons in te perk nie, maar vir ons beskerming. Ons is tog nie kwaad omdat die Haairaad die nette insit en dit ons “vryheid” om in die hele see te swem beperk nie. Nee, ons is dankbaar.

            1 Pet 5:8  Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind

            Indien ons betrokke raak by dinge wat God in Sy Woord verbied, is dit soos om agter die haainette tussen die haaie te swem. Die kans dat jy gebyt gaan word is groot.  Dink maar net hoeveel mense se lewens is verwoes deur bv. Pornografie en drank 1 Kor 6:18  Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hę nie.  

So baie jongmense het al op kampe of  in gesprekke vir my gevra of dit verkeerd is om sekere fantasie films, met ‘n okkultiese ondertoon, te kyk. Ek verduidelik dan gewoonlik vir hulle van die haainette en hoekom hierdie tipe flieks aan die verkeerde kant van die haainet is.  ( 2 Kon 21:6, 2 Kron 33:6, Jes 2:6  Lev 19:26) Ek beklemtoon ook dat, nie almal wat aan die verkeerde kant van die haainette swem, gebyt gaan word nie, maar daar is wel ‘n  groot kans, want jy beweeg onder die beskerming van God uit.  

 My vraag is: “Is jy bereid om die risiko te neem en die gevolge te dra sonder om God te blameer”.  Ps 19:3 Sy eie dwaasheid bring ’n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here. 

‘n Vraag wat dan gewoonlik volg is. “Maar Tannie dis net fiksie ek glo nie eers daaraan nie”  waarop ek gewoonlik antwoord: “Sal ‘n haai jou byt as jy nie aan sy bestaan glo nie?” 

Ps 36:8  Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil.