Vassit: n les in wag 

Ek het by geleentheid die voorreg gehad om saam met my man, Jannie, vir sy werk n paar dae Bredasdorp toe te gaan. Terwyl hy eendag besig was, is ek alleen Waenhuiskrans toe met die gedagte om heeldag net stil te word en tyd saam met die Here te spandeer.

Oppad daarheen hoor ek myself amper onverwags bid:  Here, laat vandag met my gebeur net wat U wil. Ek was verbaas oor die skielike gedagte en het by myself gedink dis nogal gewaagd.  Ek besluit toe ook, meer deurdag die keer, dat ek die dag net lofprysing wil doen, ek wil niks vra nie. 

By die see aangekom, besluit ek om te gaan kyk hoe die krans van Waenhuiskrans lyk.  Dis 'n hele entjie se stap daarheen en dit het na ren gelyk.  Die pad anderkant die gemerkte parkeer plek het sanderig gelyk maar daar was heelwat motorspore wat die pad darem begaanbaar laat lyk het. So besluit ek, teen my eie aard en beterwete, om tog nader te ry. Ek het nie ver gevorder voor my gehuurde motor in die diep, los sand vasgeval het nie. 

Vir die volgende byna twee ure het ek in aanhoudende sagte ren die motor uit die sand probeer grawe.  Hoewel ek daarvan bewus was dat daar twee kilometer daarvandaan hulp is, het ek die heeltyd net n diep wete gehad dat ek moes grou. Ek het besef ek moet grou tot ek onderdeur die motor kon sien. Dit het beteken dat die dik hoop sand van die middelmannetjie, en veral di agter die modderskerm, moes weg.  Elke keer as ek moeg geword het en dit oorweeg het om te gaan hulp soek, het ek hier binne in my net geweet ek moes aanhou grawe. Ek het geweet hierdie het iets te doen gehad met my gebed van vroer die dag en ek het heeltyd net gevra: Here, wat wil U vir my leer.

Toe ek uiteindelik stokflou, papnat en van kop tot toon vol sand, onderdeur die motor kon sien, hoor ek:  Jy kan maar in die motor klim, Ek sal jou help.  Met groot verwagting het ek probeer uitry, maar ek kon nie 'n millimeter beweeg nie. Net toe sien ek in die tru-spieltjie 'n bakkie wat aangery kom. Ek het dadelik geweet: God het hulp gestuur, soos Hy ges het.  Die man in die bakkie was vriendelik genoeg om hulp te gaan soek, want sy bakkie was nie sterk genoeg om my motor te kon uittrek nie. Vir die volgende ongeveer twintig minute sit ek toe in die motor en leer prakties wat dit beteken om op God te wag.

God het ges Hy gaan help en Hy het ook onmiddellik kom help nadat Hy dit ges het, maar niks het aan my situasie verander nie.  Ek sit nog net waar ek was. Al wat ek kon doen, was om te wag en te glo die man gaan wel hulp haal. Op n stadium besef ek, ek is besig om heeltyd in die spieltjie te kyk wanneer die hulp kom.

Weer het ek gehoor hoe God met my praat: Wat wou jy hier kom doen?  Ek het besef ek wou kom lofprysing doen en God se teenwoordigheid beleef.  Ek wou na die see sit en kyk en net rustig raak.  En hier sit ek langs die mooiste, skoonste see met tyd om dit te doen, en ek is besig om op my omstandighede, waarvan God in elk geval weet, te fokus.  Ek het skoon lag gekry vir myself en my lyf na die see gedraai, ontspan en begin sing.  Toe die bakkie met hulp opdaag, was ek amper teleurgesteld, want dit was so lekker.

Met die hulp van 'n 4 x 4 en vier mans is ek toe met een groot ruk uit die sand getrek.  Daarna het ek besef hoe noodsaaklik dit was dat ek eers al die sand agter die modderskerm moes weg vat. Indien ek nie die sand agter die modderskerm weggevat het nie, sou die modderskerm verseker afgebreek het, of groot skade gekry het.  Weer hoor ek die stem hier in my wat s:  Hou aan bid en werk tot ek die uitkoms gee. 

Retha de Villiers

ww.lewenssaad.co.za