Bybelstudie leidsters kamp -  Julie 2010

Kwaliteite van ‘n geestelike leier / leidster
(oa uit Dr Francois Carr se boek “Herlewing!”) 

1.     Iemand met ‘n dringendheid oor die geestelike toestand van gelowiges en ongelowiges – ‘n Passie vir verloregaande siele.  (Mat 28:18 en Matt 9:35-37) 

2.     Iemand vir wie gebed ‘n erns is: Die mees uitstaande kenmerk van alle groot geestelike leiers. ( Matt 9:38) 

3.     Iemand met ‘n baie spesiale verhouding met die Here Jesus – Wat nie net met God praat maar ook luister as Hy praat. Iemand met ‘n vrees vir God maar ook ‘n diep, diep liefde. 

4.     Iemand vir wie die Woord van God belangrik is – wat tyd met die Woord spandeer en wat die Woord onvoorwaardelik lief het en glo. 

5.     Iemand wat erens maak met selfondersoek en sondebelydenis. – wat streef na ‘n heilige onberispelike lewe.  

6.     Iemand met geloof en vertroue in God (Veral Sy voorsienigheid) 

7.     Iemand met ‘n defnitiewe roeping van God  en wat daarop gemik is om sukses te behaal. Iemand wat weet hy is aanspreeklik teenoor God. 

8.     Iemand wat bereid is om die prys te betaal (Om nie altyd gewild te wees, om ure alleen te bid, om hard te werk) 

9.     Iemand wat totaal en al uitverkoop is aan God. Alles gaan oor God en Sy saak. Totale gehoorsaamheid. 

10.  Iemand wat ‘n dienskneg is (Matt 10:24-26) – Om te bly dien, al sien hy nie resultate nie. Nie moedeloos word, met geduld aanhou dien. 

11.  Iemand wat ‘n getuie is – In dade maar ook in woorde (Matt 10:32-33) 

12.  Iemand met “moral excellence”  

13.  Iemand wat gewillig is om te waag – om die waarheid te preek met durf en vasberadenheid. Met morele durf. 

14.  Iemand wat nie deur verskillende leeringe rondgegooi word. Hulle boodskappe konsentreer rondom die Here Jesus en die waarhede in die Bybel. 

15.  Iemand met krag en geestelike outoriteit. (Geestelike outoriteit kom van God en nie van mense nie. Sommige geestelike leiers het outoriteit, weens hulle posisie. Dit beteken egter nie dat die bediening suksesvol is nie. “Geestelike leiers” gaan voort in nederigheid. Hy werk nie in sy eie posisie of krag nie. Dit is die Here God wat hom toerus en gebruik. (Matt 10:1, 8 ; Jer 1:5)
 

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com

<TERUG NA BO