hits counter


 

Lewenssaad.co.za se hoofdoel is om christene te help om geestelik te groei.

Bybelstudies handel hoofsaaklik oor geestelike vrae waarmee baie Christene worstel, byvoorbeeld: Hoe hoor ek God se stem,  Wat beteken dit om op God te wag, ens.

In Drome en beelde, deel ek van die lewenslesse wat ek al geleer het.

Ek maak ook graag aantekeninge beskikbaar van geleenthede waar ek as spreker opgetree het.

Gedagtes uit die hart is maar net dit wat dit s.

In die gedeelte Vra wat pla reageer ek op vrae wat ek dikwels by christene hoor, byvoorbeeld: Hoe kan ek geestelik groei?

Onder Gebede en getuienisse plaas ek graag gebede en getuienisse van vriendinne en lesers wat hulle harte voor die Here uit stort vir n spesifieke saak.

Op Weeklikse Bybelstudie aantekeninge plaas ek my aanbiedings notas van die Bybelstudie waarmee ons Woensdag oggend groep besig is.  

Lekker lees
Retha de Villiers

 

Jes 55:10,11 
Die ren en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil h en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.